Algemene vrae

MOET EK DIE KLASSE IN VOLGORDE KYK?

Nee – jy kan by enige klas begin. Elke les bou wel aan die volgende sodat jy verstaan wát om te doen, en hóékom. Dus kan jy by enige klas begin, maar wel die lesse se volgorde volg.

VIR HOE LANK HET EK TOEGANG TOT DIE KURSUS?

Daar is geen vervaldatum nie. Jy het toegang sodra jy betaal het en kan begin met die kursus teen jou eie pas. Jy kan ook enige tyd teruggaan na ’n klas of les as jy jou geheue wil verfris, of ’n tegniek weer saam met die video wil doen.

MOET EK DIE KLASSE IN ‘N SEKERE TYD KLAAR KYK?

Nee – jy kan dit op jou eie gemak kyk soos jy tyd kry.

WAT KOS DIT?

Dit is ‘n eenmalige bedrag van R499.

REEDS BETAAL, SUKKEL OM AAN TE MELD EN MET DIE KURSUS TE BEGIN?

Teken in by “My kursusse” met die e-posadres en wagwoord waarmee jy geregistreer het en gaan na “Alle kursusse”.

  1. Hier kies jy dan die kursus waarvoor jy ingeskryf het (daar is tans net een, maar ons gaan binnekort nuwes byvoeg).
  2. Klik op die blou knoppie waarop “Begin kursus” staan – dit sal verander na “Aan die gang”.
  3. Beweeg af op die webblad vir die lys van al die klasse. Jy kan by enige een begin.