STAP VIR STAP
MET KRYTVERF

Meesterklasse in krytverf-tegnieke.
Verf jou wêreld mooi!

STAP VIR STAP MET KRYTVERF IS ’N
AANLYNMEESTERKLASREEKS IN VERFTEGNIEKE.

Die Tuis|Home-span, in samewerking met kenners, wys jou hoe jy met ’n verfkwas en die lieflike kleure en produkte van Tjhoko Paint en Annie Sloan-verf kan toor. Bemeester die kuns van krytverf – van oppervlakke tot stensils, seëlaars en oordragtegnieke – stap vir stap!

Die reeks bestaan uit tien meesterklasse wat jy op jou eie tyd en teen jou eie pas kan deurwerk. Elke episode kom met ’n volledige stel notas wat jy kan aflaai en uitdruk. Kyk ook na ons biblioteek van projekte wat oor die jare in Tuis|Home verskyn het. 

AANBIEDERS

Wicus Pretorius, redakteur van Tuis|Home, en Dale Niehaus, eienaar van die verfateljee Chisel & Chalk.

SO LYK DIE TIEN EPISODES


EPISODE 1

Als wat jy oor verskillende oppervlakke moet weet: van rou hout tot teëls en melamien. Só maak jy vir die beste resultaat op elkeen!

EPISODE 2

Seëlaars is jou vriend as jy met krytverf werk. In dié episode val die kollig op Annie Sloan se reeks wasprodukte en Tjhoko Paint se glasuurmiddels.

EPISODE 3

Skep tekstuur met sierstukke (“embellishments”) en produkte soos Tjhoko Paint se Stencil of Paris.

EPISODE 4

Met oordragprente (“transfers”) kan jy jou verfprojek ’n ekstra kinkel gee. Van decoupage met gewone tafelservette tot prente wat jy letterlik afkrap (“scratchy transfers”).

EPISODE 5

Gebruik stensiltegnieke soos ’n ekspert na jy dié episode gekyk het!

EPISODE 6

Verweertegnieke (“distressing”) bly gewild. Ons wys hoe jy ’n ou bal-en-klou-stoel ’n nuwe voorkoms kan gee. Dit sluit die rottangmat teen die rugleuning asook die materiaalsitplek in!

EPISODE 7

REGRUKPROJEK ’n Droomkombuis is binne jou bereik met net ’n kwas en verf. Ons gas in dié episode is die kenner Hanlie Bonafede van die verfateljee Urban Chalk.

EPISODE 8

REGRUKPROJEK Rou hout kontrasteer treffend met geverfde oppervlakke. Die kenner Nan Day van Simply French gee ’n laaikas die koninklike behandeling met ’n frottage-tegniek.

EPISODE 9

REGRUKPROJEK Trish Shaw van die verfateljee Dusty Drawers vernuwe ’n ou staal-liasseerkabinet met oordragprente, Tjhoko Paint se Stencil of Paris – en natuurlik, verf.

EPISODE 10

REGRUKPROJEK Van vaal na Frans! Joe Strydom van die dekorwinkel Trouvé verander ’n dennehoutkassie van “oeps!” na “oe-la-la!” met sierstukke, ’n verweertegniek én ’n oordragprent!

SKRYF IN

Die kursus kos net R499 en gee jou toegang tot al tien episodes, aflaaibare kursusmateriaal en Tuis se argief van voorheen gepubliseerde krytverfprojekte.

KURSUSKATEGORIEË

DEKOR

OPKNAPPROJEKTE

TUINE

DOEN-DIT-SELF

KOS

Lees die jongste uitgawe van Tuis op Netwerk24. Klik hier vir die PDF-weergawe van die nuwe Tuis, en hier vir ons webblad.


Read the English magazine, Home, in PDF format by clicking here. Or visit our website here.